Rasjidoen-kalifaat

الخلافة الراشدة
al-khelaafah al-Raashedah

Rasjidoen-kalifaat


632-661

Flag of Rasjidoen-kalifaat
Vlag

Ligging of Rasjidoen-kalifaat
Ligging of Rasjidoen-kalifaat
Die Rasjidoen-kalifaat in sy grootste uitbreiding in 654
Hoofstad Medina (632–656)
Koefa (656–661)
Taal/Tale Arabies, Aramees, Armeens, Berbers, Georgies, Grieks, Hebreeus, Koerdies, Kopties, Persies, Turks
Godsdiens Islam
Regering Monargie
Kalief
 - 632–634 Aboe Bakr
 - 634–644 Omar
 - 644–656 Oethman
 - 656–661 Ali
Historiese tydperk Middeleeue
 - Stigting 8 Junie 632
 - Ontbinding 28 Julie 661
Oppervlakte
 - 654 9 000 000 km2
3 474 919 sq mi
Bevolking
 - 654 skatting 40 300 000 
     Digtheid 4,5 /km² 
11,6 /sq mi
Geldeenheid Dinar, dirham

Die Rasjidoen-kalifaat (Arabies: الخلافة الراشدة), ook bekend as die Reggeleide Kalifaat, is gelei deur die eerste vier kaliefs in die Islamitiese geskiedenis. Die kalifaat is in 632 gestig ná die dood van Mohammed. Soenniete noem die vier kaliefs saam die Rasjidoen, of "Reggeleide", kaliefs. Die term word nie deur die Sjiiete gebruik nie omdat hulle nie die bewind van die eerste drie kaliefs as wettig beskou nie.[1]

Die Rasjidoen-kalifaat word gekenmerk deur 25 jaar van vinnige uitbreiding, gevolg deur vyf jaar van interne onenigheid. Die kalifaat se leër het op sy hoogtepunt meer as 100 000 soldate gehad. Teen die 650's het die kalifaat benewens die Arabiese Skiereiland ook die Levant, die gebied tot by die Transkaukasus in die noorde, Noord-Afrika van Egipte tot die hedendaagse Tunisië in die weste en die Iranese Plato tot dele van Sentraal- en Suid-Asië in die ooste verower. Dit was in daardie tyd die grootste ryk in die geskiedenis.[2]

  1. Sowerwine, James E. (Mei 2010). Caliph and Caliphate: Oxford Bibliographies Online Research Guide (in Engels). Oxford University Press, USA. p. 5. ISBN 9780199806003.
  2. Rein Taagepera (1979), "Size and Duration of Empires: Growth-Decline Curves, 600 B.C. to 600 A.D.", Social Science History, Vol. 3, 115-138

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search